Friday, 31 January 2014

Liefde vs Heiligmaking

Dit voel vir my asof meeste Suid-Afrikaanse kerke van vandag het een van twee benaderings tot die "Goeie" nuus; naamlik: Die meer liberale benadering is Joh 3:16  - So lief het God die wereld gehad dat hy sy enigste seun gestuur het....m.a.w. die Here se liefde en die feit dat Jesus aan die kruis gesterf het vir my sondes, maak my vry van sonde en ek is deur net te glo gered. Niks wat ek kan doen kan maak dat ek gered word nie.

Die tweede benadering en die meer konserwatiewe benadering is : 1 Kor 6:9-11
"Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie."
.
M.a.w die koninryk van God word verkry deur n sondelose lewe of dan heiligmaking.

Wat is die belangrikste vir my as Christen? Oftewel, wat moet die belangrikste wees? Watter benadering sal my kanse vir 'n plek in die Hemel verbeter? My gevoel - wat oorsprong vind uit ervaring, verootmoedige debatte en my eie navorsing - is dat dit tog wel verander het. Ek dink die ou testament het dalk meer gefokus op die gehoorsaamheid tot die wet, waar die nuwe testament meer fokus op die liefde ( Mat 22: 37-39. Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand,38, Dit is die grootste en die eerste gebod.,39,
En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’"

So dan is dit tog duidelik - die liefde is die heel belangrikste? (ek word weer herinner aan 1 Kor 13). Tog kan ek nie myself help om te voel dat "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel" wel beteken dat jy alles in jou vermoe moet doen om juis dit te doen wat die Here van hou en dit te los wat die Here nie van hou, m.a.w.

Stap 1: God het ons lief en sien dat die Sonde ons skei van sy heiligheid.














Stap 2: Ten einde ons vry te maak van die sonde en ons sodoende skoon te was van ons sonde, stuur Hy Jesus om aan die kruis te sterf vir ons sonde (die simboliek hier agter is dat dit was die norm om waneer jy gesondig het, jou beste lam as offer vir God te bring ter versoek vir vergifnis, die dat God die lam van God offer as finale offer vir ons sondes. Ons is so vrygekoop van die greep van sonde)











Stap 3:Glo in God, Bekeer jou van jou sondes (m.a.w hou op om moedswillige sondes te doen) en lewe n lewe wat absoluut gereguleer word deur wat God gelukkig sal maak. - Jy het hom immers lief met jou Hele hart en jou Hele siel?


No comments:

Post a Comment